green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 873 of 2019
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Jukskei View Uitbreiding 42
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Jukskei View Uitbreiding 42
Gazette
Provincial Gazettes (Gauteng)
, No.
135
of 03 May, 2019, 10 page(s), 142Kb
PROVINSIALE KOERANT, BUITENGEWOON, 3 MEI 2019 No. 135 11 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 873 VAN 2019 STAD VAN JOHANNESBURG WYSIGINGSKEMA 07-5833/16 Die Stad van Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit verklaar hiermee ingevolge die bepalings van artikel 125(1)(a) van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe Nr 15 van 1986, dat hy 'n wysigingskema synde 'n wysiging van die Halfway House en Clayville Dorpsbeplanning Skema, 1976, wat uit dieselfde grond as die dorp Jukskei View Uitbreiding 42 bestaan, goedgekeur het. Kaart 3 en die skemaklousules van die wysigingskema word in bewaring gehou deur die Uitvoerende Direkteur: Ontwikkelingsbeplanning en Stedelike Bestuur: Stad van Johannesburg en is beskikbaar vir inspeksie op alle redelike tye. Hierdie wysiging staan bekend as Wysigingskema 07-5833/16 Hector Bheki Makhuba: Adjunk Direkteur : Regsadministrasie Kennisgewing Nr T034/2019 _________________________________________________________________________________________________ STAD VAN JOHANNESBURG VERKLARING TOT ‘N GOEDGEKEURDE DORP Ingevolge artikel 103 van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986), verklaar die Stad van Johannesburg Metropolitaanse Munisipalitiet hiermee die dorp Jukskei View Uitbreiding 42 tot 'n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande Bylae. BYLAE VERKLARING VAN VOORWAARDES WAAROP DIE AANSOEK GEDOEN DEUR WATERFALL COUNTRY ESTATE WUQF (EIENDOMS) BEPERK (HIERNA DIE AANSOEKDOENER/ DORPSEIENAAR GENOEM) INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN HOOFSTUK III VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986), OM TOESTEMMING OM 'N DORP TE STIG OP GEDEELTE 800 (’N GEDEELTE VAN GEDEELTE 1) VAN DIE PLAAS WATERVAL NR 5-I.R. TOEGESTAAN IS 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp is Jukskei View Uitbreiding 42. (2) ONTWERP Die dorp bestaan uit erwe soos aangedui op Algemene Plan LG Nr 1389/2016. (3) VOORSIENING EN INSTALLERING VAN DIENSTE Die dorpseienaar moet die nodige reëlings met die plaaslike bestuur tref vir die voorsiening en installering van water, elektrisiteit en sanitêre dienste asook die konstruksie van paaie en stormwaterdreinering in die dorp, tot te vredenheid van die plaaslike bestuur. (4) ELEKTRISITEIT (a) Die plaaslike bestuur is nie die grootmaat verskaffer van elektrisiteit aan die dorp nie. Die dorpseienaar moet ingevolge Artikel 118(2)(b) van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986, (Ordonnansie 15 van 1986) die nodige reëlings tref met ESKOM, die gelisensieërde verskaffer van elektrisiteit in die dorp.
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape