green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 25 of 2016
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Tshing-uitbreiding 8
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Tshing-uitbreiding 8
Gazette
Provincial Gazettes (North West)
, No.
7613
of 16 February, 2016, 3 page(s), 133Kb
34 No. 7613 PROVINCIAL GAZETTE, 16 FEBRUARY 2016 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 25 VAN 2016 VENTERSDORP PLAASLIKE MUNISIPALITEIT VERKLARING TOT GOEDGEKEURDE DORP Ingevolge Artikel 111 van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986) saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013), verklaar die Ventersdorp Plaaslike Munisipaliteit hierby die dorp Tshing Uitbreiding 8 tot „n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande skedule. SKEDULE VOORWAARDES WAARONDER DIE AANSOEK OM DORPSTIGTING INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN HOOFSTUK IV VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986) OP GEDEELTE 14 („N GEDEELTE VAN GEDEELTE 3) VAN DIE PLAAS DOORNPAN NO. 193-IP, PROVINSIE NOORDWES, DEUR DIE VENTERSDORP PLAASLIKE MUNISIPALITEIT (HIERNA DIE DORPSTIGTER GENOEM) EN SYNDE DIE GEREGISTREERDE EIENAAR VAN DIE GROND, GOEDGEKEUR IS. 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp sal wees Tshing Uitbreiding 8. (2) UITLEG / ONTWERP Die dorp sal bestaan uit erwe en strate soos aangedui op Algemene Plan LG No. 3466/2014. (3) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE POSKANTOOR- / TELKOMUITRUSTING Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande Poskantoor- / Telkomuitrusting te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (4) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE ESKOM KRAGLYNE Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande kraglyne van Eskom te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (5) OMGEWINGSBESTUUR Die dorpstigter moet toesien dat alle voorwaardes opgelê deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme ingevolge die Omgewingsmagtiging uitgereik deur die voorgenoemde Departement op 06 November 2012 kragtens NWP/EIA/22/2011 nagekom word. 2. VOORWAARDES WAARAAN VOLDOEN MOET WORD VOOR DIE ERWE IN DIE DORP REGISTREERBAAR WORD INSTALLASIE EN VOORSIENING VAN DIENSTE Die dorpstigter moet geskikte, bekostigbare en opgradeerbare interne en eksterne ingenieursdienste in of vir die dorp installeer en voorsien. 3. BESKIKKING OOR BESTAANDE TITELVOORWAARDES Alle erwe sal onderworpe gestel word aan bestaande voorwaardes en serwitute, indien daar is, maar uitgesonderd:- (1) die volgende serwituut wat slegs Dockstraat in die dorp raak: “The former Remaining Extent of Portion 3 (Portion of Portion 1) of the Farm Doornpan 193 I.P., whereof the property held hereby forms a portion, is subject to the following conditions: (b) Kragtens Notariële Akte van serwituut K5258/1999S gedateer 19/8/1999, is die binnegemelde eiendom onderhewig aan‟n reg van weg serwituut, 17,7543 hektaar groot, ten gunste van die Algemene Publiek, aangedui deur die figuur B,C,D,a,b,c,B op Diagram SG nommer 3465/2014, soos meer volledig sal blyk uit die gemelde notariële akte.”
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape