green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 24 of 2016
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Ventersdorp-uitbreiding 12
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Ventersdorp-uitbreiding 12
Gazette
Provincial Gazettes (North West)
, No.
7613
of 16 February, 2016, 3 page(s), 1.1Mb
PROVINSIALE KOERANT, 16 FEBRUARIE 2016 No. 7613 29 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 24 VAN 2016 VENTERSDORP PLAASLIKE MUNISIPALITEIT VERKLARING TOT GOEDGEKEURDE DORP Ingevolge Artikel 111 van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986) saamgelees met SPLUMA (Wet 16 van 2013), verklaar die Ventersdorp Plaaslike Munisipaliteit hierby die dorp Ventersdorp Uitbreiding 12 tot `n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande skedule. SKEDULE VOORWAARDES WAARONDER DIE AANSOEK OM DORPSTIGTING INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN HOOFSTUK IV VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986) OP GEDEELTE 236 ('N GEDEELTE VAN GEDEELTE 25) VAN DIE PLAAS ROODEPOORT NO. 191-IP, PROVINSIE NOORDWES, DEUR DIE VENTERSDORP PLAASLIKE MUNISIPALITEIT (HIERNA DIE DORPSTIGTER GENOEM) EN SYNDE DIE GEREGISTREERDE EIENAAR VAN DIE GROND, GOEDGEKEUR IS. 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp sal wees Ventersdorp Uitbreiding 12. (2) UITLEG / ONTWERP Die dorp sal bestaan uit erwe en strate soos aangedui op Algemene Plan LG No. 3428/2014. (3) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE POSKANTOOR- / TELKOMUITRUSTING Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande Poskantoor- / Telkomuitrusting te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (4) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE ESKOM KRAGLYNE Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande kraglyne van Eskom to verwyder, to verplaas, to modifiseer of to vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (5) OMGEWINGSBESTUUR Die dorpstigter moet toesien dat alle voorwaardes opgelë deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme ingevolge die Omgewingsmagtìging uitgereik deur die voorgenoemde Departement op 09 November 2012 kragtens NWP /EIA/23/2011 nagekom word. 2. VOORWAARDES WAARAAN VOLDOEN MOET WORD VOOR DIE ERWE IN DIE DORP REGISTREERBAAR WORD INSTALLASIE EN VOORSIENING VAN DIENSTE Die dorpstigter moet geskikte, bekostigbare en opgradeerbare interne en eksterne ingenieursdienste in of vir die dorp installeer en voorsien. 3. BESKIKKING OOR BESTAANDE TITELVOORWAARDES Alle erwe sal onderworpe gestel word aan bestaande voorwaardes en serwitute, indien daar is, maar uitgesonderd:- (1) die volgende voorwaardes / serwitute wat nie die dorp raak nie weens die ligging daarvan: (a) "The former Remaining Extent of Portion 25 (Portion of Portion 4) of the Farm Roodepoort 191, I.P., in extent 619,0898 Hectares, whereof the property held hereby forms a portion, is subject to the following condition: By Notarial Deed No K 627/51S the right has been granted to the Electricity Supply Commission to convey electricity over the property hereby conveyed together with ancillary rights, and subject to conditions as will more fully appear on reference to said Notarial Deed."
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape