green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Board Notice No. 3 of 2020
Wyn van Oorsprong-skema » Kennisgewing van aansoek vir die omskrywing van produksiegebied Vlottenburg (Wyk)
Title
Wyn van Oorsprong-skema » Kennisgewing van aansoek vir die omskrywing van produksiegebied Vlottenburg (Wyk)
Department
Board Notices
Gazette
National Gazettes
, No.
42967
of 24 January, 2020, 4 page(s), 99.9Kb
STAATSKOERANT, 24 JANUARIE 2020 No. 42967 89 RAADSKENNISGEWING 3 VAN 2020 KENNISGEWING VAN AANSOEK VIR DIE OMSKRYWING VAN PRODUKSIEGEBIED VLOTTENBURG (WYK) ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- (Ingevolge Artikel 6 van die Wyn van Oorsprong-skema gepubliseer by Goewerments-kennisgewing No. R.1434 van 29 Junie 1990) ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Neem kennis dat Vlottenburg Boerdery (Edms) Bpk by die Wyn-en Spiritusraad aansoek gedoen het vir die afbakening van die produksiegebied Vlottenburg (Wyk) om Wyn van Oorsprong te produseer. Omskrywing van voorgestelde wyksgrens Die voorgestelde Vlottenburg Wyk (Fig. 1) se grens begin op die Polkadraaipad waar dit die Sanddrifrivier oorkruis en loop dan weswaarts saam met die Polkadraaipad tot teenaan die Polkadraai Heuwels Wyk net na Skilpadvlei. Vandaar loop die grens suid en dan weswaarts saam met die bestaande buitegrens van die Polkadraai Heuwels Wyk, tot waar dit die Vlaebergrivier oorkruis. Vandaar loop die grens saam met die Vlaebergrivier in ‘n algemeen suidelike rigting, tot waar dit by die Eersterivier aansluit. Vandaar, stroomop met die Eersterivier in ‘n noord-oostelike rigting tot waar die Sanddrifrivier in die Eersterivier teenaan die Vlottenburg plaas uitmond. Vandaar, in ‘n algemeen noordelike rigting op met die Sanddrifrivier tot waar dit by die beginpunt hierbo genoem, aansluit. Geologie Die voorgestelde wyk bestaan uit goedverweerde graniet (N-Ck, rooi gekleurd in Fig. 2) gronde, met groot gedeeltes van die gronde van binêre oorsprong, waar jonger, sanderige Tafelberg Sandsteen-materiaal die primêre gesteentes oorlê (Qgg, geel gekleurd in Fig. 2), dikwels met ferrikreet (ouklip-konkresies of-banke) op die kontaksone. Topografie Die voorgestelde Vlottenburg Wyk kan as ‘n natuurlike eenheid beskou word met ’n algemeen konvekse heuwel-landskap en volop koeler suidelike hange. Dit dreineer meestal suidwaarts na die Eersterivier (Fig. 1; Fig. 3). Die voorgestelde grense is ter insae by www.sawis.co.za "Sertifisering – Nuus en inligting” of kontak Jackie Cupido by 021 807 5704. Enigeen wie beswaar het teen die aansoek, moet sy/haar beswaar, met opgaaf van redes, skriftelik indien by Olivia Poonah (olivia@wsb.org.za), Die Sekretaris, Wyn- en Spiritusraad, Posbus 2176, Dennesig, Stellenbosch, 7599, binne 30 dae van publikasie van hierdie kennisgewing.
Free board notices alerts
Type your email for free alerts on latest Board Notices notices as they are published
Email address
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape