green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Pages
National Gazette No. 43194, 01 April 2020, Vol 658, Page 9
85.9Kb
Page
9 of 12
Gazette
National Gazettes
, No
43194
, from 01 April, 2020
Notice
Page No. 3 of 6,
Notice No. 443,
Wet op Openbare Oudit (25/2004) » Regulasies op Ouditfooie
Preview / 9 of 12
STAATSKOERANT, 1 APRIL 2020 No. 43194 9 (d) die lys van geouditeerdes, deur die Ouditeur-Generaal ingevolge artikel 23(6) van die Wet geïdentifiseer, wie se ouditfooi een persent van die totale lopende en kapitale besteding van sodanige geouditeerde vir die tersaaklike finansiële jaar oorskry; (e) die Ouditeur-Generaal se mening ten opsigte van ? geouditeerde se vermoë om sy ouditfooie te vereffen; (f) die motivering onderliggend aan die Ouditeur-Generaal se voorgestelde vasstellings. (3) Vir doeleindes van die aangeleenthede beoog in subregulasie (1)(b), moet die Ouditeur- Generaal die Nasionale Tesourie van toepaslike inligting voorsien, insluitende ‘n konsep van die dokument waarin besonderhede verstrek word van die basis vir die berekening van ouditfooie wat verhaal moet word van geouditeerdes, ten opsigte van oudits waarna in artikel 11 van die Wet verwys word. (4) Die Nasionale Tesourie moet sy voorlegging, indien enige, aan die Ouditeur-Generaal maak – (a) ten opsigte van die aangeleenthede beoog in subregulasie (1)(a), teen die eerste dag van elke Augustus; (b) ten opsigte van die aangeleenthede beoog in subregulasie (1)(b), teen die datum deur die Ouditeur-Generaal bepaal. (5) Indien die Nasionale Tesourie geen voorlegging soos beoog in subregulasie (4) gemaak het nie, moet die Ouditeur-Generaal met sy of haar vasstelling voortgaan op die basis dat die Nasionale Tesourie geen beswaar teen die voorgestelde vasstelling het nie. (6) Die Ouditeur-Generaal kan slegs beraadslaag met die toesighoudingsmeganisme, soos beoog in artikels 13(1) en 23(1) van die Wet, na voltooiing van die proses beoog in hierdie regulasie. Kennisgewing aan Nasionale Tesourie deur Ouditeur-Generaal oor wanbetaling van ouditfooie deur geouditeerde 4. Die Ouditeur-Generaal moet, as ‘n geouditeerde versuim om die volle bedrag van die ouditfooie wat deur die Ouditeur-Generaal vasgestel is teen die datum vasgestel deur die Ouditeur- Generaal te betaal, binne 30 dae nadat daardie geouditeerde versuim het om sodanige bedrag te betaal, die Nasionale Tesourie skriftelik van sodanige bedrag in kennis stel, en indien van toepassing, ook die tersaaklike provinsiale tesourie, en die Nasionale Tesourie en die betrokke provinsiale tesourie van enige toepaslike inligting ten opsigte van die aangeleentheid voorsien. Voorlegging deur Ouditeur-Generaal op tesourie se voorgestelde direktief om ouditfooie vanaf begroting te bestry
< page 8
View full Gazette No. 43194
page 10 >
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Property Auctions
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape