green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Pages
National Gazette No. 43194, 01 April 2020, Vol 658, Page 10
71.0Kb
Page
10 of 12
Gazette
National Gazettes
, No
43194
, from 01 April, 2020
Notice
Page No. 4 of 6,
Notice No. 443,
Wet op Openbare Oudit (25/2004) » Regulasies op Ouditfooie
Preview / 10 of 12
10 No. 43194 GOVERNMENT GAZETTE, 1 APRIL 2020 5.(1) Indien die Nasionale Tesourie of die tersaaklike provinsiale tesourie, na gelang van die geval, ooreenkomstig artikel 23(5) van die Wet die wenslikheid oorweeg om te gelas dat die ouditfooie verhaalbaar van ‘n geouditeerde, anders as ‘n nasionale of provinsiale departement, op 'n begrotingspos in die nasionale of provinsiale begroting verhaal moet word, moet daardie tesourie voor uitreiking van so ‘n direktief — (a) die Ouditeur-Generaal van toepaslike inligting voorsien; en (b) die Ouditeur-Generaal uitnooi om voorleggings aangaande die wenslikheid om sodanige direktief uit te reik, te maak. (2) In die geval dat die Ouditeur-Generaal nie enige voorlegging soos beoog in paragraaf (b) van subregulasie (1) gemaak het nie, kan die tersaaklike tesourie voortgaan met sy oorweging van ‘n direktief op die basis dat die Ouditeur-Generaal geen beswaar teen die voorgestelde vasstelling het nie. (3) In die geval dat ‘n tesourie ‘n direktief uitreik tot dien effekte dat die betrokke ouditfooie teen ‘n begrotingspos in die nasionale of ‘n provinsiale begroting bestry moet word, moet daardie tesourie die Ouditeur-Generaal en die geouditeerde onverwyld skriftelik van daardie besluit in kennis stel. (4) Indien ‘n provinsiale tesourie ‘n direktief uitreik dat die betrokke ouditfooie teen ‘n begrotingspos in ‘n provinsiale begroting bestry moet word, moet daardie tesourie onverwyld skriftelik die Nasionale Tesourie en die geouditeerde van daardie besluit in kennis stel. Kennisgewing aan Ouditeur-Generaal deur Nasionale Tesourie ten opsigte van geouditeerde wat finansiële engte ondervind om ouditfooi-oorskot te betaal 6. Indien die ouditfooi van ‘n geouditeerde, anders as ‘n departement soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van 1999), een persent van die totale lopende en kapitale besteding van sodanige geouditeerde vir die tersaaklike finansiële jaar oorskry, en die Nasionale Tesourie – (a) deur die Ouditeur-Generaal soos beoog in subartikel 23(6)(b)(i) van die Wet geraadpleeg is; en (b) van mening is dat die geouditeerde finansiële engte ondervind om sodanige oorskot te betaal,
< page 9
View full Gazette No. 43194
page 11 >
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Property Auctions
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape