green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Pages
National Gazette No. 44057, 08 January 2021, Vol 667, Page 4
32.9Kb
Page
4 of 3030
Gazette
National Gazettes
, No
44057
, from 08 January, 2021
Preview / 4 of 3030
4 No. 44057 GOVERNMENT GAZETTE, 8 JANUARY 2021 No. 44057 4 AANSOEKE AANGAANDE BEDRYFSLISENSIES Besonderhede ten opsigte van aansoeke om bedryfslisensies en permitte (soos by die onderskeie Provinsiale Reguleringsentiteite/Bedryfslisensierade of die Nasionale Openbare Vervoerreguleerder), met aanduiding van, eerstens die verwysingsnommer, en dan— (a) die naam van die aansoeker; (b) die plek waar die aansoeker sy/haar besigheid dryf of wil dryf, asook sy/haar posadres; (c) die aard van die aansoek, dit wil sê of dit ’n aansoek is om— (i) die toestaan van ’n bedryfslisensie; (ii) die toestaan van bykomende magtiging; (iii) die wysiging van ’n roete; (iv) die wysiging van ’n tydtafel; (v) die wysiging van tariewe; (vi) die oordrag van ’n bedryfslisensie of permit; (vii) die verandering van die naam van die betrokke onderneming; (viii) ’n bykomende voertuig met bestaande magtiging; of (ix) die omskakeling van ’n permit in ’n bedryfslisensie (omskakeling van radius/gebied- gebaseerde permit na roetespesifieke bedryfslisensie in die geval van ’n minibus taxitipe of geskeduleerde diens); asook in die geval van ’n aansoek in (ii) tot (ix) bedoel— (x) die nommer van die betrokke bedryfslisensie of permit; (d) die getal en tipe voertuig of voertuie, met inbegrip van die passasierdravermoë van die voertuig of voertuie wat by die aansoek betrokke is; (e) die aard van die openbare vervoer of voorgenome openbare vervoer; en, (f) die punte waartussen, die roete of roetes waaroor, of die gebied of geiede waarbinne die openbare vervoer of voorgestelde openbare vervoer onderneem word of staan te word, waar enige van (a) tot (f) hierbo van toepassing is, word ingevolge artikel 59 van die Wet op Nasionale Landvervoer, 2009 (Wet No. 5 van 2009), hieronder gepubliseer. Ingevolge regulasie 17 (4) van die Nasionale Landvervoerregulasies, 2009, moet skriftelike vertoë ter onder- steuning of bestryding van hierdie aansoeke, binne 21 (een-en-twintig) dae vanaf die datum van hierdie publikasie, in viervoud, óf per hand ingedien word by, óf per geregistreerde pos gestuur word aan, die betrokke Provinsiale Reguleringsentiteit/Bedryfslisensieraad of die Nasionale Openbare Vervoerreguleerder en in enkelvoud óf per hand ingedien word óf per geregistreerde pos gestuur word aan die aansoeker by sy gepubliseerde adres [kyk (b) hierbo].
< page 3
View full Gazette No. 44057
page 5 >
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Property Auctions
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape