green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 1888 of 2017
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Beverley Uitbreiding 89
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Beverley Uitbreiding 89
Gazette
Provincial Gazettes (Gauteng)
, No.
334
of 18 December, 2017, 6 page(s), 88.0Kb
PROVINSIALE KOERANT, BUITENGEWOON, 18 DESEMBER 2017 No. 334 7 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 1888 VAN 2017 VERKLARING TOT GOEDGEKEURDE DORP C. Ingevolge artikel 103 van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986), verklaar die Stad van Johannesburg Metropolitaanse Munisipalitiet hiermee die dorp Beverley Uitbreiding 89 tot 'n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande Bylae. BYLAE VERKLARING VAN VOORWAARDES WAAROP DIE AANSOEK GEDOEN DEUR INDEPENDENT INSTITUTE OF EDUCATION EDMS BEPERK (REGISTRASIENOMMER 2002/032108/07) EDMS BEPERK, (HIERNA DIE DORPSEIENAAR GENOEM) INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN HOOFSTUK III VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986), OM TOESTEMMING OM 'N DORP TE STIG OP GEDEELTE 623 (‘N GEDEELTE VAN GEDEELTE 75) VAN DIE PLAAS ZEVENFONTEIN 407 JR TOEGESTAAN IS 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp is Beverley Uitbreiding 89. (2) ONTWERP Die dorp bestaan uit erwe en strate soos aangedui op Algemene Plan LG Nr 562/2017. (3) ONTWERP EN VOORSIENING VAN DIENSTE IN EN VIR DIE DORP (a) Die dorpseienaar moet die nodige reëlings met die plaaslike bestuur tref vir die voorsiening en installering van alle ingenieursdienste waarvan die plaaslike bestuur die verskaffer is, asook die konstruksie van strate en stormwaterdreinering in en vir die dorp, tot die tevredenheid van die plaaslike bestuur. (b) Die dorpeineaar sal geen ingenieursdienste installeer sonder dat die nodige skriftelike ooreenkoms aangegaan is tussen die plaaslike bestuur en die dorpseienaar, na proklamasie van die dorp. (c) Versuim deur die dorpseienseienaar om in die ooreenskoms soos in (b) hier bo genoem te tree, sal lei tot die verbeuring van die afskrywing van die betaalbare eksterne dienstebydraes en eise teen die plaaslike bestuur, as gevolg van die installasie van massa dienste. (4) ELEKTRISITEIT Die plaaslike bestuur is nie die grootmaatverskaffer van elektrisiteit aan of in die dorp nie. Die dorpseienaar moet ingevolge Artikel 118(2)(b) van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986, (Ordonnasie 15 van 1986), die nodige reëlings tref met ESKOM, die gelisensieërde verskaffer, vir die voorsiening van elektrisiteit. (5) Gauteng PROVINSIALE REGERING (DEPARTEMENT VAN PAAIE EN VERVOER) (a) Indien die ontwikkeling van die dorp nie voor 8 Mei 2027 in aanvang neem, moet die aansoek om die dorp te stig, heringedien word by die Departement van Paaie en Vervoer vir heroorweging.
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape