green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 72 of 2018
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Blydeville-uitbreiding 4
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Blydeville-uitbreiding 4
Gazette
Provincial Gazettes (North West)
, No.
7907
of 17 July, 2018, 3 page(s), 65.1Kb
36 No. 7907 PROVINCIAL GAZETTE, 17 JULY 2018 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 72 VAN 2018 DITSOBOTLA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT VERKLARING TOT GOEDGEKEURDE DORP Ingevolge Artikel 64 van die Ditsobotla Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur Verordening saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013) en Artikel 111(1) van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986), verklaar die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit hierby die dorp Blydeville Uitbreiding 4 (Distrik Lichtenburg) tot „n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande skedule. SKEDULE VOORWAARDES WAARONDER DIE AANSOEK OM DORPSTIGTING INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN ARTIKEL 107(1) VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986) EN ARTIKELS 59(2) EN 59(3) VAN DIE DITSOBOTLA RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR VERORDENING SAAMGELEES MET DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2013 (WET 16 VAN 2013) OP GEDEELTE 87 („N GEDEELTE VAN GEDEELTE 1) VAN DIE PLAAS RIETDRAAI 51, REGISTRASIE AFDELING I.P., PROVINSIE NOORDWES, DEUR DIE DITSOBOTLA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT (HIERNA DIE DORPSTIGTER GENOEM) EN SYNDE DIE GEREGISTREERDE EIENAAR VAN DIE GROND, GOEDGEKEUR IS. 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp sal wees Blydeville Uitbreiding 4. (2) UITLEG / ONTWERP Die dorp sal bestaan uit erwe en strate soos aangedui op Algemene Plan LG No. 108/2018. (3) TOEGANG (a) Ingang van Provinsiale Pad P13-2 (R505) tot die dorp en uitgang tot Provinsiale Pad P13-2 (R505) uit die dorp word beperk tot die aansluiting / kruising van die straat suid van Erf 4021 (Park) met sodanige pad. (b) Die dorpstigter moet op eie koste „n meetkundige ontwerp uitlegplan (skaal 1:500) van die in- en uitgangspunt genoem in (a) hierbo en spesifikasies vir die bou van die aansluiting laat opstel en aan die Departement van Openbare Werke en Paaie vir goedkeuring voorlê. Die dorpstigter moet, nadat die ontwerp en spesifikasies goedgekeur is, die toegang op eie koste bou tot bevrediging van die Departement van Openbare Werke en Paaie. (4) ONTVANGS EN VERSORGING VAN STORMWATER (a) Die dorpstigter moet die stormwaterdreinering van die dorp so reël dat dit inpas by dié van Provinsiale Pad P13-2 (R505) en moet die stormwater wat van die pad afloop of afgelei word, ontvang en versorg. (5) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE POSKANTOOR- / TELKOMUITRUSTING Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande Poskantoor- / Telkomuitrusting te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (6) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE ESKOM KRAGLYNE Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig sou word om enige bestaande kraglyne van Eskom te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (7) BEPERKING OP DIE VERVREEMDING VAN ERF 3150 Die dorpstigter mag nie Erf 3150 binne „n tydperk van ses (6) maande nadat die erf registreerbaar geword het aan enige persoon of liggaam anders as die Staat te koop aanbied of vervreem nie tensy die Departement van Onderwys skriftelik aangedui het dat die Departement nie die erf wil aanskaf nie. (8) OMGEWINGSBESTUUR Die dorpstigter moet toesien dat alle voorwaardes opgelê deur die Departement van Landelike, Omgewing en Landbou-ontwikkeling ingevolge die Omgewingsmagtiging uitgereik deur die voorgenoemde Departement op 16 Oktober 2017 kragtens NWP/EIA/11/2016 nagekom word.
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape