green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 153 of 2018
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Derby-uitbreiding 3
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Derby-uitbreiding 3
Gazette
Provincial Gazettes (North West)
, No.
7954
of 13 November, 2018, 1 page(s), 117Kb
38 No. 7954 PROVINCIAL GAZETTE, 13 NOVEMBER 2018 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 153 VAN 2018 KGETLENGRIVIER PLAASLIKE MUNISIPALITEIT VERKLARING TOT GOEDGEKEURDE DORP Ingevolge Artikel 111 van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986) saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013), verklaar die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit hierby die dorp Derby Uitbreiding 3 (Distrik Koster) tot ‘n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande skedule. SKEDULE VOORWAARDES WAARONDER DIE AANSOEK OM DORPSTIGTING INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN HOOFSTUK IV VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986) SAAMGELEES MET DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2013 (WET 16 VAN 2013) OP GEDEELTE 86 (‘N GEDEELTE VAN GEDEELTE 25) VAN DIE PLAAS RIETFONTEIN 372, REGISTRASIE AFDELING J.Q., PROVINSIE NOORDWES, DEUR DIE KGETLENGRIVIER PLAASLIKE MUNISIPALITEIT (HIERNA DIE DORPSTIGTER GENOEM) EN SYNDE DIE GEREGISTREERDE EIENAAR VAN DIE GROND, GOEDGEKEUR IS. 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp sal wees Derby Uitbreiding 3. (2) UITLEG / ONTWERP Die dorp sal bestaan uit erwe en strate soos aangedui op Algemene Plan LG No. 72/2018. (3) TOEGANG (a) Ingang van Pad D1616 tot die dorp en uitgang tot Pad D1616 uit die dorp word beperk tot die aansluiting/kruising van Batshegistraat met sodanige pad. (b) Die dorpstigter moet op eie koste ‘n meetkundige ontwerp uitlegplan (skaal 1:500) van die in-en uitgangspunt genoem in (a) hierbo en spesifikasies vir die bou van die aansluiting laat opstel en aan die Departement van Vervoer, Paaie en Gemeenskapsveiligheid vir goedkeuring voorlê. Die dorpstigter moet, nadat die ontwerp en spesifikasies goedgekeur is, die toegang op eie koste bou tot bevrediging van die Departement van Vervoer, Paaie en Gemeenskapsveiligheid. (4) ONTVANGS EN VERSORGING VAN STORMWATER Die dorpstigter moet die stormwaterdreinering van die dorp so reël dat dit inpas by dié van Pad D1616 en moet die stormwater wat van die pad afloop of afgelei word, ontvang en versorg. (5) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE POSKANTOOR- / TELKOMUITRUSTING Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande Poskantoor- / Telkomuitrusting te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (6) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE ESKOM KRAGLYNE Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig sou word om enige bestaande kraglyne van Eskom te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (7) SAMESTELLING EN INDIENING VAN OMGEWINGSBESTUURPLAN Die dorpstigter moet die nosige reëlings tref om te verseker dat ‘n Omgewingsbestuurplan (OBP) ingedien word by die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme. 2. VOORWAARDES WAARAAN VOLDOEN MOET WORD VOOR DIE ERWE IN DIE DORP REGISTREERBAAR WORD INSTALLASIE EN VOORSIENING VAN DIENSTE Die dorpstigter moet geskikte, bekostigbare en opgradeerbare interne en eksterne ingenieursdienste in of vir die dorp installeer en voorsien. 3. BESKIKKING OOR BESTAANDE TITELVOORWAARDES Alle erwe sal onderworpe gestel word aan bestaande voorwaardes en serwitute, indien daar is, maar uitgesonderd: (1) die volgende voorwaardes wat verval het deur toestemming verleen deur die Beherende Gesag: “1. The land may not be sub-divided without the written approval of Controlling Authority as defined in Act 21 of 1940.
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape