green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
Local Authority Notice No. 77 of 2018
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Wilkoppies Uitbreiding 114
Title
Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe (15/1986) » Wilkoppies Uitbreiding 114
Gazette
Provincial Gazettes (North West)
, No.
7910
of 24 July, 2018, 3 page(s), 61.6Kb
PROVINSIALE KOERANT, 24 JULIE 2018 No. 7910 35 PLAASLIKE OWERHEID KENNISGEWING 77 VAN 2018 STADSRAAD VAN MATLOSANA VERKLARING TOT GOEDGEKEURDE DORP Ingevolge artikel 103 van die Ordonnansie op Dorpsbeplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986) saamgelees met die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013) verklaar die Stadsraad van Matlosana hierby die dorp Wilkoppies Uitbreiding 114 (Distrik Klerksdorp) tot `n goedgekeurde dorp onderworpe aan die voorwaardes uiteengesit in die bygaande skedule. SKEDULE VOORWAARDES WAARONDER DIE AANSOEK OM DORPSTIGTING INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN HOOFSTUK III (DEEL C) VAN DIE ORDONNANSIE OP DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986 (ORDONNANSIE 15 VAN 1986) SAAMEGELEES MET DIE WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2013 (WET 16 VAN 2013) OP GEDEELTE 991 VAN DIE PLAAS ELANDSHEUVEL 402, REGISTRASIE AFDELING I.P., PROVINSIE NOORDWES, DEUR WEST RIDGE SHOPPING CENTRE (EIENDOMS) BEPERK (2007/008695/07) (HIERNA DIE DORPSTIGTER GENOEM) EN SYNDE DIE GEREGISTREERDE EIENAAR VAN DIE GROND, GOEDGEKEUR IS. 1. STIGTINGSVOORWAARDES (1) NAAM Die naam van die dorp sal wees Wilkoppies Uitbreiding 114. (2) UITLEG / ONTWERP Die dorp sal bestaan uit erwe en strate soos aangedui op Algemene Plan LG No. 974/2017. (3) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE POSKANTOOR- / TELKOM UITRUSTING Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande Poskantoor- / Telkom uitrusting te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (4) VERWYDERING, VERPLASING, MODIFISERING OF DIE VERVANGING VAN BESTAANDE MUNISIPALE DIENSTE Indien dit as gevolg van die stigting van die dorp nodig word om enige bestaande munisipale dienste te verwyder, te verplaas, te modifiseer of te vervang moet die koste daarvan deur die dorpstigter gedra word. (5) OMGEWINGSBESTUUR Die dorpstigter moet toesien dat alle voorwaardes opgelˆ deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Bewaring, Omgewing en Toerisme ingevolge die Omgewingsmagtiging uitgereik deur die voorgenoemde Departement op 31 Maart 2014 kragtens NWP/EIA/63/2013 en in enige daaropvolgende wysigings daarvan nagekom word. (6) HUISEIENAARSVERENIGING `n Huiseienaarsvereniging of soortgelyke entiteit moet gestig word ingevolge die bepalings van Artikel 14 van die Wet op Maatskappye, 2008 (Wet 71 van 2008) welke Vereniging volle verantwoordelikheid sal dra vir die funksionering en behoorlike instandhouding van die toegang en toegangsbeheer erf (Erf 4139), vulliswerf erf (Erf 4140) en Ontspanningserf (Erf 4151) welke erwe oorgedra sal word aan die Huiseienaarsvereniging.
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape