green
gazette
the government gazette of south africa
be among the first to know
News
Alerts
Search
Join
Contact
General Notice No. 53 of 2018
Verdeling van Grond (20/1986) » Gedeelte 219 van die Plaas Rietfontein 485-JQ
Title
Verdeling van Grond (20/1986) » Gedeelte 219 van die Plaas Rietfontein 485-JQ
Gazette
Provincial Gazettes (North West)
, No.
7887
of 29 May, 2018, 1 page(s), 42.8Kb
PROVINSIALE KOERANT, 29 MEI 2018 No. 7887 13 KENNISGEWING 53 VAN 2018 KENNISGEWING VAN AANSOEK VIR DIE VERDELING VAN GROND (ORDONNANSIE 20 VAN 1986) EN KENNISGEWING VIR SPESIALE TOESTEMMING IN TERME VAN ARTIKEL 68 EN ARTIKEL 86 VAN DIE “KONSEP” MADIBENG RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUURSBYWET, 2016 Die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit gee hiermee ingevolge artikel 6(8)(a) van die Verdeling van Grond, 1986 (Ordonnansie 20 van 1986)((saamgelees met die toepaslike bepalings van die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013)(SPLUMA)) kennis dat 'n aansoek om Gedeelte 219 van die plaas Rietfontein 485-JQ, ongeveer 71.1024ha groot, te verdeel vanaf Platinum Stads- en Streekbeplanners (CK 2008/161136/23) namens die Trustees van tyd tot tyd van Delphi Trust (IT.1067/97), ontvang is. Die voorgestelde onderverdelings is Gedeelte 1 (ongeveer 6.2238ha groot), Gedeelte 2 (ongeveer 5.0200ha groot), Gedeelte 3 (ongeveer 5.0314ha groot), Gedeelte 4 (ongeveer 5.0060ha groot) en die Restant (ongeveer 49.8212ha groot). Kennis geskied gelyktydig hiermee dat Platinum Stads-en Streekbeplanners (CK 2008/161136/23) ook namens die die Trustees van tyd tot tyd van Delphi Trust (IT.1067/97) by die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, in terme van Artikel 68 en Artikel 86 van die “konsep” Madibeng Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuursbywet, 2016, aansoek gedoen het vir spesiale toestemming om “'n binnenshuise skietbaan” op Gedeelte 219 van die plaas Rietfontein 485-JQ te bedryf. Die huidige sonering van Gedeelte 219 van die plaas Rietfontein 485-JQ is “landbou”. Besonderhede van beide die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die Kantoor van die Munisipale Bestuurder, Burgersentrum, Van Veldenstraat 53, Brits vir 'n tydperk van 32 dae vanaf 22 Mei 2018. Besware teen of vertoë ten opsigte van beide die aansoeke moet ingedien word by of skriftelik en in tweevoud by die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres, of by Posbus 106, Brits, 0250 binne 'n tydperk van 32 dae vanaf 22 Mei 2018. Hierdie besware of vertoë moet dit duidelik stel waarom die skrywer 'n party is wat geraak word. Die kontakbesonderhede (bv e- pos adres en telefoonnommer / selfoonnommer) van die skrywer moet ook duidelik aangedui word. Ligging van die eiendom: Vanaf die T-aansluiting tussen die R511 (Beethovenstraat) en die R514 (Van Der Hoffweg), volg die R514 na Pretoria. Die eiendom is noord van die R514, ongeveer 3.6km van die T-aansluiting, geleë. Adres van gemagtigde agent: Platinum Stads- en Streekbeplanners, Posbus 1194, Hartbeespoort, 0216. Telefoonnommers 072 184 9621 of 083 226 1316. E-pos amund@vodamail.co.za Datums waarop kennisgewing gepubliseer moet word: 22 en 29 Mei 2018 (Noordwes Provinsiale Koerant), 24 en 31 Mei 2018 (Kormorant). Die sluitingsdatum vir besware teen of vertoë: 22 Junie 2018, om 15h00. 22-29
Links
Sign In
or, by email
password
Forgot / set password
|
Join
Alerts
Advanced Search
Publications
Tenders
Tender Bulletin
Tender Bulletin (Free State)
Tender Bulletin (Limpopo)
National
National Gazettes
Regulation Gazettes
Legal Notices
Patent Journals
Provincial
Eastern Cape
Free State
Gauteng
Kwazulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
North West
Northern Cape
Western Cape